Sunday, May 27, 2007

Daar is uiteindelik 'n eindie (Die begin)

Dis weer aand in Bellville, Sondag aand, "die bruid se koek is oud" se die
son se poster langs die hoer op die hoek van Ross straat.

Die Kentucky bedien nog 'n paar mense terwyl terwyl die bergie
wasem patrone teen die die venter kwyl; obie gee ites vir die honger, iets vir
die koue!?.

Die internet cafe kook, die hele Nigeria is weer vanaand daar, die deure is so wyd oop
dat die hele voortrekker straat se shoprite sakke die cafe inwaai, die customers dra
kopdoeke nes die moslems hulle lyk net anders.

Wie gaan wen die Hi-ace of die drukvlerk met 'n golf daaraan vas?, hulle jaag van die
een robot na die ander terwyl Linkin park die resies se ritme verskaf, te hel met voetgangers
en te hel met die insittendes, om nie te praat van die IK vlak in daai golf nie!

Die Metro poliesie oooze in die pad af met, 'n uit voorlig en drie plain clothes metro lede in die motor neem hulle die voortou in die beveiliging van CY land. - die en hoer waai asof sy hulle ken.

Die 24 uur apteek se neon sign flikker so skerp dat die night club oorkant die pad nie ligte nodig het nie, die apteek se condoms is net ietwat duurder as die adult shop si'n agter hulle, mens weet net nie wie se vloere is skoner nie.

Die motorfietse en die nuwe M-reeks bmw staan almal op die sypaadjie voor die grille/club getrek net links van die bergie pee, die manne stal hulle ysterperde uit terwyl hulle die cherries in die cosmpolitan club opchat voordat hulle na die dik vrou met die drie kleintjies in Vasco of welgemoed terugkeer.

No comments: